Internét

  • 0

intermediêr aan’t hang
soos ’n komper met ’n wurm
tussen die cloud en die hel
boots dié interieur alles
in 8-bit na
sy interpunksie is eenvoudig:
. @ #
voëlvry en internasionaal
rus ons interkarpaal op muise
ons en ons selfies
inter alia
die web ken geen metafisika

Wil jy deelneem aan ons poësie-kompetisie? Kliek hier vir meer informasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top