Inligting: Skrywerswerkswinkels by die Universiteit Stellenbosch

  • 2

US_logo_boaan

Die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit Stellenbosch bied op Vrydagmiddag 27 November en Saterdag 28 November vier werkswinkels aan vir studente en lede van die publiek.

Deelnemers moet vooraf tussen die volgende vier genres kies:

  • Kontreiverhale – Elias Nel
  • Poësie – Zandra Bezuidenhout
  • Romans – Ingrid Winterbach
  • Rubrieke – Anastasia de Vries

Bogenoemde vier aanbieders sal ook elkeen ʼn kort praatjie vir al die deelnemers aanbied. Die gasspreker is die bekroonde digter Alfred Schaffer.

Die doel met hierdie gewilde jaarlikse werkswinkels is om sluimerende talente wakker te maak en om kreatiewe en kritiese denke te help ontwikkel. Deelnemers se kreatiewe werk word anoniem binne groepsverband bespreek. Verder word werkswinkelgangers blootgestel aan die skryfwerk van verskillende skrywers ten einde hul eie leeservaring te verruim. Slaggate waarin maklik getrap word, word uitgewys. Inligting oor publikasiemoontlikhede en manuskripversorging word verskaf.

Die koste is R600 vir die publiek en R500 vir studente. Ons is groot dank verskuldig aan die ATKV wat vanjaar ’n skenking ten bate van die Skrywerswerkswinkels gedoen het.

Inligting en inskrywingsvorms kan verkry word van prof Ronel Foster: skrywers@sun.ac.za

Ten einde doeltreffende interaksie te verseker, word getalle beperk. Doen dus asb eers navraag of daar nog plek beskikbaar is.

  • 2

Kommentaar

  • Marie Nothling

    Ek stel baie belang om Ingrid Winterbach se sessies by te woon. Ek het egter glad nie bestaande tekste om saam te bring nie. Sal dit 'n probleem wees.? Verder, word die sessies binnekort herhaal?
    Baie dankie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top