"Inkorreksie" deur Lara Putter

  • 0

Inkorreksie

Ek sien my inkorreksie
en hoekom ek lewe in hierdie boksie

Kom ons stap na die strand
Kom ons lê hier in die nag
Kom ons bly hier tot vir ewig
En vir ewig hier verdwyn

Met hierdie valse vrees
en opgewonde hart
Gaan ons hand in hand
oor die brug

Sterker word hierdie rivierstroom
Sterker word die wyn
Sterker word my ongeloof van ons

My hart het ek verloor
My drome het ek begin
My identiteit het ek gevind op Stilbaai

Hierdie koue lug
gee my 'n warm gevoel
Ek's terug by my huis
Ek's terug by my hart

Verbreek vir 'n nostalgie
En my plek is oorgeneem
Skaars gesien
Skaars 'n leuen

Walvisliggies en wynproe-sessies
Als te bekend vir so 'n naakte aand
Stap saam en dan raak ons verlore in die duine

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top