Ingrid. Op haar 80ste verjaarsdag

  • 0

jou woorde was
beleë, nes wyn
verse volrond gebore 
kosbare afrikana
maar jou woorde
was genaelstring aan jou buik
verstrengel met praat
jou asem geneem as buit.

toe jy instap
tussen wier en watertrap
was jy vroedvrou klaar –
o?pgebaar

hier dryf steeds woorde rond:
jou woordmonument
is ook in my? lyf geprent:

die versies wat ek baar is klein
nes vissies wat woorde gryp
soos aas en daarmee
die dieptes in verdwyn.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top