Ingrid

  • 9

vir Ingrid Jonker

Ingrid
Jy is nie dood nie
Nóg in Drieankerbaai
Nóg in jou woorde binne boeke
binne waters tussen wiere
Nóg in jou soeke
na ’n spasie tussen strate wat jou vure
en jou golwe en jou storms kon buite hou

Ingrid
Jy is nie dood nie
Nóg in jou roering binne harte
of jou gevoel vir aardse smarte
Nóg in jou trane en jou pleite en
Jou alleen gehamer teen geslote deure

Ingrid
Jou binne-lewe was ’n oorlewingsgeveg
Dit was werklik als te veel
En al is jy nie dood nie
is ek jammer jy is weg.

 

  • 9

Kommentaar

  • Barend van der Merwe

    Jonker sou ook al 86 gewees het vanjaar. Nie meer so 'jonk' nie 😉

    Wie het geweet sy is gebore in Douglas se wereld - ook dus van ons mooie Noord-Kaap.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top