Jy wil hê ander moet vir jou die dinkwerk doen. Dit is een ding om ingelig te word, en heeltemal iets anders om iemand met ’n lepeltjie te voer. Ek volstaan dus hiermee:
Jy is welkom om te bly hoes sonder om navraag te doen (soos miljoene mense wêreldwyd, terwyl ek hier tik ernstige vrae vra). Dit is jou "hardverdiende" geldjies wat jy nie kan verhaal soos meeste CEO's en dergelikes nie.
Mandela se stigting het tot op hede meer as genoeg inkomste gegenereer om derduisende arm drenkeling kinders se lewens te verander. Dit het hulle NIE gedoen nie maar met slim boekhouding eerder bloot geld rondgeskuif. Dis publieke info, soos jy heel tereg sê. Ek staan by my woorde oor Mandela, want soos jy mooi beduie: "you just keep on believing that ..." Hier is egter die ironie: Ek "skenk" jaarliks baie geld aan einste Mandela-stigting. En jy betaal daarvoor.
Net vir duidelikheid: Ek noem wel verkoopsyfers volgens hoe ek dink (en nie een of ander filosoof of ekonoom of wie jy ook al wil quote (ek vra weereens die vraag: kan jy nie vir jouself dink nie dat jy altyd moet ander outjies moet nadersleep? nie) op grond van wat ek elke dag beleef. Want ek werk elke dag met produsente, melkverskaffers, bakkers, Coca Cola Fortune, die olie-industrie, vleisverwerkers etc etc etc.
Jy het, met respek, Wouter, bloot die woorde BBP en ander rondgeslinger om te illustreer dat jy die konsepte onder die knie het. Wat het jy meer as dit gedoen? Ek se weer: Jy het gegorrel en my bewys? Loop lees self jou woorde.
Mafia-staat? Jy betaal belasting maar moet privaat individue huur, teen moerse koste, om jou huis op te pas. Jy betaal belasting vir billike hospitaalsorg maar hoes vir privaathospitalisasie? Jy betaal, sonder om te kla vir die voorreg dat jou kind moet skool gaan en jy betaal vir privaat skoling? Jy betaal, sonder om te aarsel, tolgelde terwyl jy vir elke liter brandstof reeds betaal vir ordentlike paaie? Jou staat het iets soos sigarette as dwelm verklaar maar verdien inkomste daaruit? Jou internet tariewe is van die duurste op aarde en jou staat verdien hoeveel daaruit direk as aandeelhouer en indirek? Die Mandela-stigting is daar om armes op te hef maar deel hoeveel rand uit juis aan hulle? En jy kla as ek se jy gorrel? Moet jy nie dalk jou neus uit die boeke uitkry en begin kyk wat rondom jou aangaan nie?
Ek herhaal: Ek stel hoegenaamd nie belang om jou in te lig, jou te help, jou te help dink, jou met ’n lepel te voer, of selfs vir jou nuus te bring nie. Jy het reeds, soos ek hier lees, al die kennis in pag. Wat jy ook het is belastings wat jy met kort of lang sinne betaal. Ek trek voordeel daaruit. Baie dankie.
Verskil tussen my en dromers soos jy: Ek leef nie iewers in dik boeke nie. Ek sorg dat ek deel is van die proses sodat jy moet hoes vir einste boek waarmee jy my verkeerd bewys. En juis daarom faal ek, heel tereg.
Ware nuus? Dude, al bring die engel Gabriël vir jou "ware nuus" sal dit nie vir jou sin maak nie. Dit is juis tipies onder veral sg Afrikaanses dat hulle te lui is om self dinge uit te werk en altoos op ander se syfers en woorde moet staatmaak om hul argumente te bewys. Maar kom ons los dit eerder. Ek is ’n nar en jy die filosoof. Jy dink en hoop. Ek maak geld uit jou en Mandela en dergelikes ten spyte van die prys van kommoditeite of dienste. En dit vir my is die ironie.
Oor en uit
oester
Brief verkort. – Maggie

