In ’n fees van Lig!

  • 0

Diwali.

In troue Hindoe gebruik is dit ’n tyd waarin families nuut gekleed in skoon huise bymekaar kom.

Kleilampe word aangesteek en vir die volgende vyf dae word menige ritus in vreugde tot eer en verheerliking van ons Almal se Almagtige Lewende Skepper gedans.

 

Bron

Hierdie eenvoudige liggie tydens Diwali gebrand, simboliseer nes wyn en brood met die Avondmaal, Lig en Hoop in oorwinning oor die bose vir ons hele mensdom.

God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn, dit is Hy wat in ons harte skyn om verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus (lees 2 Kor 4:6).

Ek neem ook Sagaria se seën oor sy seuntjie Johannes in hierdie tyd ter harte.

Nadat Sagaria Johannes se naam op ’n skryfbordjie skryf, het sy tong losgeraak en hy het weer gepraat en God geloof.

Vervul met die Heilige Gees het Sagaria die mense om hom geleer en onder meer oor sy seun Johannes gesê: En jy, kindjie, jy sal ’n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal voor die aangesig van die Here uitgaan om sy weë reg te maak; om kennis van saligheid aan sy volk te gee in die vergifnis van hulle sondes, deur die innige barmhartigheid van onse God waarmee die opgaande Lig uit die hoogte ons besoek het, om te skyn oor die wat in duisternis en doodskaduwee sit, om ons voete na die pad van vrede te rig (uit Lukas hoofstuk 1).

Soos daar geskrywe staan:

En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê. (Joh 8:12).

Mag Jesus Christus die opgaande Lig uit die hoogte, ons gou weer besoek met Sy ruimteskip genaamd – die Ster van Bethlehem.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,

Cornelius Henn

Sluipmoordpoging op “adjunk-president” Zuma

Maggie se vraag oor President Zuma se verwysing na ’n sluipmoordpoging op hom as adjunk-president verwys.

Zwelinzina Vavi sê toe terselfdertyd dat daar politieke sluipmoorde binne die ANC-alliansie plaasvind, en dit nie deur wit regses nie!

The Sunday Times het Sondag ’n artikel gepubliseer oor die Zulu-fiksasie van die SA-regering, met Zoeloes wat namens Zuma die polisie en staatsekuriteit bestuur, om beheer oor Pretoria te probeer behou.

Pretoria is vernoem na Andries Pretorius, en die feit herinner aan Zoeloegeneraal Ndela wat na die sluipmoord op Sjaka, ook vir Dingaan diens gedoen het.

Nadat Generaal Ndlela persoonlik die nasionale chaos wat politieke leierskapstryde inhou ondervind het, het hy ’n Prins Mpande-dinastie ondersteun.

Tydens Generaal Ndlela se ondersteuning van ’n Prins Mpande-dinastie, het Ndlela herhaaldelik Dingaan se opdragte om Prins Mpande te vermoor afgewater as onnodig vir staats-sekuriteit.

Generaal Ndlela was dus aan die kant van prins Mpande, en prins Mpande was op sy beurt in politieke alliansie met Andries Pretorius, soos Generaal Opperman verlede week aan Adjunk-President Mothlante in die Voortrekkermonument uitgewys het.

Die uiteinde was dat "adjunk" Mpande toe "president" word het, soos deur Andries Pretorius in Pietermaritzburg tot Zoeloekoning gekroon.

Dingaan is vermoor na die Slag van Maqongqe, maar nie voordat hy sy eie Generaal Ndlela vir hoogverraad tereg gestel het nie, omdat Generaal Ndlela pleks van om vir Dingaan te veg, in die geheim vir Mpande-Pretorius-alliansie geveg het.

Hoe die geniale Generaal Ndlela ook by die voorafgaande slag van Bloedrivier alreeds vir die Mpande-Pretorius-alliansie geveg het, pleks van vir Dingaan, kan op Wikipedia gelees word.

Die slag van Bloedrivier was die eerste Zoeloe-burgeroorlog as gevolg van ’n opvolgstryd tussen Dingaan en Mpande, met laasgenoemde gesteun deur Ndlela en Pretorius.

Adjunk-President Zuma, wat nes Prins Mpande sluipmoordpogings oorleef het, danksy vriende soos Ndlela wat hulle lewe vir hulle leier aflê, het die Ndlela-monument in Zoeloeland ingehuldig.

Ran Doodt 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top