In my oë
Ek spoor jou op
Jy’s geteken teen die blou lug
Geskryf teen die skemer
Ontnugtering in my oë
soos jou woorde vir my fluister
Onthou jy my?
Die glimlag in jou oog se hoek
Geduldig, soms sonder moed
Verandering in my oë
sou jy altyd vir my fluister
REFREIN:
Ek val oor my voete
Jou liefde is ? onweerstaanbare
aanhoudende uitnodiging om te bly
Ek struikel oor my woorde
Jou lewe is ? onvoorspelbare
opwindende avontuur vir jou en my
Ek trek jou vas
Jy’s die drome wat my wakker maak
die hartklop wat my rustig maak
Herinnering in my oë
soos jou woorde vir my fluister
Onthou vir my
Die glimlag in jou oog se hoek
Geduldig, soms sonder moed
Verandering in jou oë
ek sal altyd vir jou fluister
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


