In jou oë geskryf
Onnodige stry opgewek
Medikasie vir my frustrasie asseblief
Of is dit te veel gevra?
Daar is net 'n leidraad
Nie genoeg vir 'n antwoord nie
Ons gaan sukkel om hier aan te pas
So hou vir eers net aan my vas
KOOR:
Ek verlang na 'n stille nag stem ...
en die reuk van die volmaan
Terwyl die sterre rondom ons staan
Nou is daar 'n leemte wat tussen ons dryf
Maar jy moet net my gedagtes lees,
soos ek dit in jou oë skryf
'n Roete uitstap met die poging vir soeke
Opsoek na 'n beter manier om die situasie te bestuur,
maar ek word doodgestaar deur my selfbewustheid
My denke is alweer afwesig
en die euwels van my vrese beloer my deur ruite
Hulle is binne en ek is buite
My oë is omkring met kringe
Deur die oorvat van my neigings
Ek leef 'n bedreiging


