In die Naam van God

  • 2

Ek het op die internet video clips van die onthoofdings van gyselaars en soldate deur die Taliban gekyk, en was geskok oor die gruwelike maniere van onthoofding. Gewoonlik met’n mes deur die nek geskukkel. In Indonesië het ‘n groep op onskuldige inboorlinge so jonk as skaars uit hulle tienerjare toegesak waar dit wys hoe drie van hulle onthoof word,  net omrede hulle nie Moslems was nie. In ‘n ander voorbeeld word gewys hoe ‘n 12-jarige seun sukkel om ‘n Russiese soldaat se nek met ‘n stomp mes deur te sny terwyl volwassenes hom juigend aanmoedig.

Deurgans word aanhoudend histeries deur die toeskouers en die persone wat die dade pleeg geskreeu. “Allah Akbar”. “God is genadig!” (Surely a contradiction in terms.)

Dit is ongelukkig die probleem met mense wat ‘n verwronge konsep van die Koran het, waar hulle goddelike reg toe-eien om ander se lewens te verwoes, suiwer omrede hulle nie van dieselfde geloof of sekte is nie. Dit is nie net non-Islamiete wat in die slag ly nie, maar ook ander Islamiete van ander sektes. Lyk my wanneer ‘n Jehad uitgeroep word, glo hulle hulle tree op met goddelike goedkeuring.

Gematigde Islamietiese lande soos Turkeye, Pakistan, Egipte, ens word Islam op ‘n menslike wyse bedryf, en ook in die gees van die Koran soos deur Mohammed bedoel.

Gelukkig vir ons Westerlinge is fundamentalistiese Christene ‘n minderheid met geen sekulêre mag nie, want ek glo dat dit nie veel van die Islamietiese fundamentaliste sou verskil nie. Dit is die invloed van die Bybel Belt Amerikaner Christene wat Uganda aangemoedig het om die doodstraf van gays daar deurgevoer te probeer kry. Hierdie Christene toon ‘n onverdraagsaamheid wat skrik vir niks, en glo hulle doen die wil van God. “Right Wing Watch” (Amerikaans) op die Internet volg op alle uitlatings deur fundamentalisitiese Christene, welke uitlatings skrikwekkend kan voorkom.

Jaco Fourie

  • 2

Kommentaar

  • Jaco

    Ek voel lus om te huil as ek van sulke dinge hoor.'n Mens kan net magteloos toekyk oor hoe sulke verwronge idees tot die smart van mense lei.Ek het onlangs ook gelees van 'n twaalfjarige Downssindroom meisietjie in Afganistan, wat tans gevange gehou word,omdat sy gevang is met gebrande bladsye van die Koran.Ek wonder wat met haar gaan gebeur,want die doodstraf geld hier vir enige iemand wat laster.

    Dis sieklik wanneer godsdiens sulke barbaarse afmetings aanneem.

  • Perdebytjie

    Jy skryf:  "Dis sieklik wanneer godsdiens sulke barbaarse afmetings aanneem".

    Alle godsdienste het hulle wortels in barbarisme. Dit is net vanaf die laaste 200 jaar dat die invloede van Renaisans denkers en ander filosowe  wat daarop gevolg het wat hulle invloede op godsdiens, veral die Christelike godsdienste, laat geld het, dat hulle nie meer optree soos gedurende die middeleeue en vroer nie.Maar tog klou daar nog vandag 'n gevaarlike minderheid Christene wat nie van die "oog vir oog en tand vir tand" siening afstand wil doen nie. 

    In Amerika streef hulle na politieke mag om sodoende hulle siening van godsdiens en strafregtelike prosedures te laat geld.  Billy Graham, in sy dae, 'n wereld beroemde evangelis was 'n onbeskaamde voorstander van kastrasie vir gays gewees, en kry jy so wrintigwaar nog steeds van hulle vandag. 

    Die Moeslems is nog omtrent 'n 100 jaar agter die Christendom met betrekking tot verouderde vertolkings van die Koran.  Daar is vandag reeds roeringe te bespeur vir die beter.'n Mens moet tog onthou dat Islam, soos die Christendom, 'n uitvloeisel van die Ou Testament is.  Baie van hulle Sharia wetgewing is net so vanuit Deuteronomium en Levitikus geneem en sodanig toegepas.  In die Ou Testament is daar 'n direkte opdrag van God dat enigeen wat verlei word om van Hom afvallig te word, dat sodanige verleidster gedood moet word.  Met die hervorming het die Katoliekde dit teenoor Protestante toegepas, en in Protestant lande teenoor Katolieke.  Jy kan jou voorstel dat hierdie Fundamentalistiese Christene dieselfde sal doen.  Reeds in Amerika kry jy van hulle wle gese alle moskees moet gesluit word.  Hulle onverdraagsaamheid verskil min van Moeslem Fundamentaliste wat  terreurdade pleeg.

    Jaco Fourie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top