In die middel van nêrens

  • 0

Foto: Canva

In die middel van nêrens

in die middel
van die middel van nêrens
êrens anderkant Niemandsland
is ’n geheim versteek
vir soekers na hulleself

wat hulle verloor het
omdat hulle iemand wou wees
wat hulle nie is nie

in hierdie mallemeule-lewe
waar iets alles is
niks boggerôl is
en heiligheid ’n klip is

omdat die mens ’n dier is
hierdie dier verlore is
in sy eie egoïstiese self
waarsonder
hy nie kan oorleef nie

tog is daar ’n God
wat nie ’n klip is nie
wat ’n liefde vir die mens het
omdat Sy asem
die mens laat lewe
dit is die lewende siel
in elke mens

omdat daar ’n God is
daarom is daar ’n duiwel
wat hierdie siele soek
sy wapen is ego
elke mens se eie ek

daarom is daar Niemandsland
jy kom daar deur ’n nou poort
Sy naam is Jesus
wat na ’n smal weg lei
weg van ego af

sodat in Niemandsland
almal niemand is
om iemand te word
sonder ego
om God se kind te word
om altruïsties te wees
wat God se eienskap is

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top