In die bed wat ek gemaak het

  • 0

ek wil jou hart vir jou teruggee
in die hoop dat tyd sal leer
in die hoop dat jy my kan vergewe
in die hoop dat jy sal probeer

ek wil teruggaan na die begin
voor die begin van hoofstuk twee
voor ek by jou ingespring het
en jy by my
en ons by die ons aanvang gevind het
binne ons vriendekring

voordat tyd en plek alweer
alles kom verniel het
en afstand kom roof het
wat eens mooi was
toe ek nog vir jou mooi was
en vir myself

ek wil teruggaan na die begin
voor al die kak tussenin
en jou liewers raakloop jare later
tydens aardklop in potch
en by die plek waar ons mekaar ontmoet het
drink ons so paar shots

miskien, wie weet.

ek wil jou hart vir jou teruggee
want ek weet nie waar myne is nie
en terug binne die kreukels van ‘n eens witte stel
…sal ek vanaand gaan lê 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top