imago mundi

  • 0

haar naam is Thelma
in haar gesig sien ek my wêreld
asof vir die eerste maal

sy sit in die strepie koelte
onder haar seil
verkoop my ou klere
via Lusaka
met 200 km se stof
wat klou aan die kleur
in die Maramba-township
die tong tril-rol die plek
by vuil-droë lippe uit

sy loer vir my onder haar seil
gee my haar driepootstoel
en wanneer ek sit
vryf sy oor my vel
en vra:

Hoe raak ons son jou?

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top