Suné Kitshoff

Suné Kitshoff is in 1973 in 'n klooster in Durban gebore. Deesdae woon sy in Kaapstad waar sy as tolkkoördineerder by die Parlement werk. Sy’t 'n M-graad in konflikstudie en wêreldpolitiek van die Nelson Mandela Metropool-universiteit, so vir slyp en skaaf doen sy vryskutnavorsing oor die sosiopolitieke dinge wat konflik die alledaagse maak. Sy glo die wêreld se antwoorde – op alles – lê opgesluit in Afrika. Sy skryf in Afrikaans want haar psychic het gesê sy moet.

imago mundi

Suné Kitshoff 2006-10-18 haar naam is Thelmain haar gesig sien ek my wêreldasof vir die eerste maal sy sit in die strepie koelteonder haar seilverkoop my ou klerevia Lusakamet 200 km se stofwat klou aan die kleurin die Maramba-townshipdie tong tril-rol die plekby ...
Top