"Illusionis" deur Petri Jacobs

  • 0

Illusionis

Ek het toe tog weer my vrolike masker
vol vere en glitter ontdek in my kas
waar dit weggebêre onder al my bitterheid
en trane was
Verbaas dat dit steeds soos ‘n handskoen pas

Sit my mooiste glimlag op vir jou
Toegevou met soet parfuum
wat skynbaar happy is
En waterproof maskara net vir ingeval
Smeer ? bietjie concealer oor die hartseer
merk wat jou liefde maak

En kies die allerfynste lingerie
al is dit net vir my
Drapeer ? laggie in falsetto
soos ? pêrel-pienk serp streel ligweg
oor die sagte satyn styf teen my eie lyf

So naby en so ver van jou liefdevolle hande
Alles as verweer teen die werklikheid en seer
van verbode liefde se oordeel
En verwerp-veilig agter mousse en rouge
verf ek ? prentjie van lewenslus en hoop
As vrolike fasade van bravade
Met blink stiletto’s om jou tegemoet te loop

Al sou ek eerder net my pikswart rok wou
binneglip en rou
oor al die pyn van my en jou

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top