Ikarus

  • 2

Die helikopter met die kameraman
& ander lede van die span
hang braaf-bang bo die vulkaan
vir die money shot:
die stadigkolkende pan
van gesmolte klip
met geel rookpluime
wat uit skeure lispel.

Dan stol die rotor & kantel –
die vliegmasjien stort neer
op die vloeiende vulkaanvloer.
Die staalblink naaldekoker
smelt weg met kwalik ’n klank,
& sak terug na sy elementale moer.

Teken in op LitNet se gratis nuusbrief vir 'n weeklikse dosis vars poësie .

 

  • 2

Kommentaar

  • Ek dink altyd aan Ikarus se vader , Deadalus ( wat die brawe vlerk-idee bedink het ) as avontuurlike denker/ambagsman/ontdekker , en sukkel om hom met `n wafferse Rupert Murdoch te vereenselwig ...

  • Johann de Lange

    Ikarus is 'n baie ryk simbool: hy kan staan vir die ydele, vermetele ambisieuse persoon, of hy kan die digter & dromer wees, of hy kan die tragiese held wees (soos bv. nou met Oscar Pistorius) wat a.g.v. 'n fatale swakheid in sy persoonlikheid tot 'n val kom.  Ek het nie eintlik aan Deadalus gedink nie, maar hy is ewe fassinerend, & beslis nie 'n Murdoch-figuur nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top