Ietsie oor Kersfees

  • 0

Lees dit voor jy Kersfees vier:

Jy mag G_d nie aanbid soos die heidene hul gode aanbid nie – Deut 12:29-31

Jy mag niks by G_d se opdragte voeg of wegneem nie en Kersfees is nie op Sy lys van feeste wat jy moet vier nie – Deut 12:32 of 13:1

G_d verbied enige vorm van aanbidding onder ’n groen boom. – Deut 12:1-4

G_d verbied die heidense gebruik van versierde bome. – Jeremiah 10:1-4

G_d beveel jou om nie met die heidene te meng en nie deel te neem aan hul onrein rituele nie.

G_d beveel jou om weg te beweeg van die Roomse Kerk en haar sondes. – Openbaring 18:4

Jy mag nie afwyk van wat G_d beveel het nie. – Deutb 5:32-33, of 29-30, afhangende van die Bybel wat jy het.

Messias het die Apostels beveel om die mense te leer om alles te gehoorsaam wat Hy hulle beveel het. – Matt 28:20

Uzah is doodgemaak oor ’n opdrag wat hy met goeie bedoelings oortree het. – 2 Samuel 6:6-8

Nadav en Avihu is doodgemaak omdat hulle ’n offerande aan G_d gebring het wat Hy nie beveel het nie. – Lev 10:1-2

Moses het net klein bietjie anders gedoen as wat G_d beveel het en daaroor nie die beloofde land binnegegaan nie. – Num 20:11-12

G_d het Kain se offerande verwerp omdat dit nie was soos Hy dit beveel het nie. – Gen 4:5

G_d het koning Saul vir ewig verwerp omdat hy ongehoorsaam was en verkies het om te maak soos die mense wou hê. – 1 Sam 15:22-23

G_d het Uziyahu melaats gegee omdat hy ’n offerande wou bring wat G_d nie beveel het nie. – 2 Kron 26:16-21

Jy moet aanbid en dien met eerbied en respek. – Rom 12:28

Die ware aanbidders aanbid in waarheid. – Joh 4:23

Hou by die ware geloof. – Jud 1:3-4

Hou by dit wat Hy beveel en haat vals gebruike. – Ps 119:128

Bly weg van alle vorme van onheil. – 1 The 5:22

Toets alles teen die geskrifte. – Han 17:11

Die geskrifte kom van G_d en leer ons die waarheid, wys ons sonde uit, maak ons foute reg en leer ons hoe om reg te leef. – 2 Tim:3:16

Enigeen wat ’n boodskap anders as dit in die geskrifte is voorhou is vir ewig vervloek. – Ga 1:9

G-d verbied omgang met mense wat net voorgee dat hulle G_d dien. – 2 Tim 3:5

G_d verbied omgang met mense wie plesier bo G_d verkies. – 2 Tim 3:4

Glo julle wat G-d sê of glo julle diegene wat anders sê? – Jesaja 8:19-20

Wat mense hoog ag word deur G_d verafsku. – Luk 16:15

Die wat ’n vriend van die wêreld is, is ’n vyand van G_d. – Jak.4:4

Moet nie G_d se bevele ignoreer en menslike tradisies aanhang nie. – Mark 7:8

G_d haat die besoedeling van Sy Naam met heidense gebruike. – Ezek 20:39

Die wat Messias onthou op ’n oneervolle manier is skuldig. – 1 Kor 11:27

Moet niks wat vir G_d walglik is in jou huis inbring nie, jy sal deel in die vloek wat daarop rus. – Deut 7:26

Moet niks oprig wat met afgodery te doen het nie. – Deut 16:21-22 en Eks 20:3-4

G_d haat die rituele wat onder groen bome gepleeg word. – 1 Kon 14:23, Jes 57:5, Jer 3:6

Julle mag nie die gebruike van die heidene aanneem nie. – Lev 18:1-5

Bly weg van sonaanbidding. – Deut 4:19, 17:3, 2 Kon 23:5, Job 31: 26-28, Eze 8: 16-18

Sê maar net …

Duitswester

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top