ietermago in verkyker

  • 1

ie-ie-ie klein oerter
taaiklong
so sonder adam se hulp benoem
enigmaties én erd- en krimpvarkie
(à la die bietjie Derrida)
én skilpadversigtig vir ore én ratel
ystermagou van die boere
noodrooi ter-
term terma nog net-net nie
terminaal   derms so aan eie derma    ma 
gô ja steeds die gô darem
met die droё gorrel-
onmiskenbare afrikaanse
amper verlore géé

Foto: Scott Hurd

  • 1

Kommentaar

  • jaydee jaguar

    Ek wonder hoeveel lesers sien (Derrida oa) semiotiek raak in die gedig. Ondanks, wonder ek. Waardeer dit tog.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top