"Idiome met Liefde" deur Stefan Kruger

  • 0

Idiome met Liefde

Kruipend kom ek nader, beenaf, dis duidelik
Liefde is die rede, maar oor jou is ek so seker

Idiome met liefde maak als so helder

In die middel van die wêreld, radeloos is vieslik
Hande oor ? wond lê, in my gebreekte plek wil ek jou hê

REFREIN:
Idiome met liefde maak als opgewonde
weer af my wysie, gek oor jou die meisie
Dis soos as jy die mooie maan speel
kan jy duidelik sien, getik is ek verseker
Dis soos as mal-verlief my pa is
kan jy duidelik sien, die appel val nie vêr

Speel met my oop kaarte, vat ? kans, sit alles in
Harte op die spel? Wees eerlik, jy kan my vertel

Idiome met liefde maak als so helder

Prop jou in my hart, praat van jou elke dag
Liefde uit die hemel blou, soos ? dagdroom onverwags om my vou

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top