"Idiome met liefde" deur Stefan Kruger

  • 1

Idiome met liefde

Kruipig kom ek nader, been-af is dit duidelik.
Liefde is die rede, maar oor jou is ek so seker

Idiome met liefde maak als so helder

In die middel van die wêreld, radeloos is vieslik
Hande oor ‘n wond lê, in my gebreekte plek wil ek jou hê ...

Idiome met liefde maak als opgewonde, weer af my wysie, gek oor jou die meisie
Dis soos as, jy die mooie maan speel, kan jy duidelik sien getik is ek verseker.
Dis soos as, malverlief my pa is, kan jy duidelik sien, die appel val nie ver…

Speel met my oop kaarte. Vat ‘n kans sit alles in!
Harte op die spel? Wees eerlik jy kan my vertel….

Idiome met liefde maak als so helder

Prop jou in my hart, praat van jou elke dag.
Liefde uit die hemel blou, soos ‘n dagdroom onverwags om my vou

Idiome met liefde maak als opgewonde, weer af my wysie, gek oor jou die meisie
Dis soos as, jy die mooie maan speel, kan jy duidelik sien getik is ek verseker.
Dis soos as, mal verlief my pa is, kan jy duidelik sien, die appel val nie ver, en ek val ver
Vir jou en ek val met die deur in die huis en skree, ek lief jou …

 

 

  • 1

Kommentaar

  • Ek is op soek na oulike Afrikaanse sêding oor liefde en heuning wat ons op heuningbotteltjies kan sit wat ons as trougeskenkies vir gaste wil gee - ietsie soos “so soet soos heuning”, maar ietsie meer treffend.
    Help asb.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top