na 'n 1926-illustrasie van Eric Gill
Dit wat my sig en oog behaag,
klim ironies en gestroop uit papier:
voorkoninklik
voor sy eie onsienlike reus
staan die jongste van Isai argeloos:
slinger in die hand,
slang om die enkel,
slak op die stomp,
dog onbesnede.

