Humor

  • 0

kyk die dood moet mens gelukwens
want min het sy sin vir humor
min kan ’n straathoek laat lewe kry
of lewe blaas in ’n partytjie soos hy
min kan ’n kop net so laat afkap
'n voet laat glip ’n hand laat misvat
’n oog laat wenk en als is oor
net iemand wat lekker kan lag vir die lewe
sal ’n motor laat afpyl op ’n bejaarde
’n filosoof instamp voor ’n waslorrie
’n komponis morsdood laat val van sy fiets af
of ’n korpulente kapitalis die rukkings gee
net hy kan in haar slaap ’n ou vrou kom haal
haar tevergeefs laat skree om hulp
net iemand wat hom kak lag vir konvensie
kan altyd so keurig lyk in swart

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top