Huldeblyk aan Verna Vels

  • 0

Verna Vels is 'n ikoon in die Afrikaanse kultuurlandskap. Sy het diep spore getrap in vele Afrikaanse en ander huishoudings. Haar geliefde Liewe Heksie is volksbesit en die karaktertjie leef steeds voort in die harte van oud en jonk.

Sedert haar begindae in 1954 by die destydse SAUK-radio, en toe in 1974 by SAUK- televisie, het sy baanbrekerswerk gedoen, veral ten opsigte van kinder- en jeugprogramme. Onder haar leiding ontstaan programme soos Kraaines en Wielie Walie. Sy word onder meer ook onthou vir die stem van die geliefde Bennie Boekwurm en Liewe Heksie.

Verna Vels sal altyd onthou en gemis word vir haar menswees en vir die positiewe wyse waarop sy soveel mense se lewens verryk en verdiep het met haar vele talente en geesdrif vir die lewe.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top