Huisgenoot Tempo-toekennings 2014

  • 0

Die Huisgenoot Tempo-toekennings bring nou ook hulde aan die letterkunde.

Stem vir jou gunsteling Afrikaanse roman van die jaar:

 

Dominique Botha – Valsrivier

Deon Meyer – Kobra


Madeleine Volschenk – Elke Dogter Het ’n Ma

Etienne van Heerden – Klimtol

Irma Venter – Skrapnel

Mariël le Roux – Klara


Registreer hier om vir jou gunsteling boek te stem.

Jy kan wen - ’n nuwe Suzuki

Droom jy van ’n nuwe paar wiele? Droom sommer groot, want een leser kan vanjaar met die Huisgenoot-Tempo’s ’n luukse Suzuki ter waarde van R180 000 wen. Dié splinternuwe model word eers in Junie in Suid-Afrika bekendgestel en jy kan dus een van die heel eerste Suid-Afrikaners wees wat met hierdie Suzuki spog. Stem net vir jou gunstelingbenoemde in elke kategorie en jy kan dié droommotor losslaan!

Ander pryse

  • Een Puzey G-Wizz-bromponie ter waarde van R10 750
  • Altesaam 25 Infinity-sonbrille ter waarde van R400 elk
  • Twee Yamaha-klawerborde ter waarde van R6 500 elk
  • Drie Olympus-kameras van Olympus en SanDisk ter waarde van R4 000 elk
  • Drie Galaxy Grand Neo-slimfone van Samsung ter waarde van R3 999 elk
  • Agt Anne Klein-horlosies van American Swiss ter waarde van R1 599 elk

Kom kuier saam

  • Wanneer: 3 Junie om 19:00
  • Waar: Emperors Palace, Johannesburg
  • Kaartjies: Kry joune teen R150 elk. Bel Maryka Burger by 021-406-4573 of stuur vir haar ’n e-pos na maryka.burger@media24.com om te bespreek. Plek is beperk.

Kompetisiereëls

Die stemmery sluit op 28 Mei om middernag. Wenners sal lukraak gekies word. Die beslissing oor wenners is finaal. Wenners moet bereid wees dat hul naam en foto gepubliseer word. Die wenners sal in kennis gestel word. Pryse is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant geruil word nie. Personeel en hul gesinne van Media24, Megaprom en die borge mag nie deelneem nie. Met jou deelname aan hierdie kompetisie stem jy toe dat Megaprom promosiemateriaal via SMS aan jou stuur. Jy moet ’n geregistreerde selfoon- of landlyngebruiker wees om aan die kompetisie deel te neem, so nie moet jy toestemming van die eienaar kry. Slegs 20 stemme per selfoonnommer word getel. Elke SMS kos R1. Media24, Megaprom en die borge aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade wat uit deelname aan die kompetisie kan spruit nie. Die borge is verantwoordelik vir die verskaffing van die pryse aan die wenners binne ’n redelike tyd.

Klik op http://tempo.huisgenoot.com/ vir nog inligting. 



 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top