"Huise van Glas" deur Petronella Basson

  • 0

Huise van Glas

Remmend aan die arm
Geen erbarm
Voortgesleep
Haar menswees
afgereep
Maak alarm
die hele kasarm

Voor die Man word sy neergegooi
Laat ons sien hoe Hy Hom hier ontplooi
Op heterdaad betrap
Laat die gebod klap
Moses sê sy moet vrek
Sy’s drek

Gooi die eerste klip
Jy, met heilige lip
Terwyl Hy hul sondes in die sand neerskryf
Begin almal wegdryf

Waar’s die glashuisbewoners?
Al die honers?
Hul vensters sal breek
Sou hul hul hand na ? klip uitsteek

My bloed word gegiet
Nie verniet
Gaan leef
Ek vergeef
Ek vergeef
Ek vergeef

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top