Huis, woning, tuisteL Niemandsland my tuiste

  • 0

Niemandsland my tuiste

niemandsland is my woning
hier kraai ek die koning
ek het hier geen storing
maar daar's soms ’n doring

ek alleen in niemandsland
trap ek spore in die sand
hier het ek lankal gestrand
ver geloop van anderkant

stil sal ek hier leef
soms voel ek sweef
altyd vergeef
drome herleef

stilte my kombers
skryf ek hierdie vers
dalk kom hier ’n skip verby
dan kan ek met hul saamry

maar tot dan woon ek
in niemandsland


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top