My woning
Wat ’n lewe sonder vrede
Wat is die eintlike rede?
Wie sou ooit kon dink?
Weet jy ooit hoe regte lewe klink?
Jy’s eenkeer anders
Jy’s eenkeer dieselfde
My lewe kon werk
Met ’n wit engeltjie onder my vlerk.
Die gedig is nie net gestig
Ek wens dit was liewers ’n berig.
Mense noem my rassisties,
Maar hoe weet ek nie hulle is satanisties?
As ek my oë toemaak,
Ag! Wat maak dit eintlik saak?
Ek wil verdwaal
Ek wil my woordeskat oor en oor herhaal
Ek’s net ’n mens
’n Mens wat wil wegkruip
Soos iemand wat hom/haar wil dronk suip
Ek’s nie ’n ontwrigter nie,
Maar ook nie ’n digter nie.
My woning is glad nie
Perfek, soms voel ek soos ’n argitek
My woning
Ek verdien ’n goeie belonging.
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.