Huis, woning, tuiste: Welgeluksalige woning

  • 0

Welgeluksalige woning

Na die dag se omswoeg en geroesemoes wag ’n verdienste
Lei swart geteerde strate my na ’n welgeluksalige woning
Met aankoms glimlag Vroulief op haar mooiste 
Klein jonges kom spog met hul prestasies en wag vir hul beloning

’n Welgeluksalige woning is ek gegee
Vier betonmure, groen dak gevul met liefde
Sing, sing kitaar gespeel en so ons tyd bestee
Engele wat ’n laer omtrek gee ons vrede

As die dag eindig in stille skemering
Luister ek na die naguil se heimwee-lied
Wanneer die wind begin huil opsoek na vreemdeling
Is dit God se teenwoordigheid wat Hy bied

As daeraad aanbreek en ek moet gaan
Terug na die gedruis van doellose vrae
Is dit my hart wat in weemoed staan
Tog sal ek en my huis die Here dien tot in lengte van dae


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top