Huis, woning, tuiste: Wees jouself

  • 0

Wees jouself

die beste uit die lewe, beskou dit as ’n avontuur
onthou, die toekoms behoort aan jou wat glo in die skoonheid van jou drome
wees jouself, moenie skaam wees oor wie jy is
erken dat jy soms iemand nodig het wat hul arms om jou slaan en jou styf vas hou

wees jouself, moenie skaam wees omdat jy langer as ander neem
jy is nie ’n mislukking nie
wees jouself en val in die lewe, met Gods genade staan jy op
moenie moedeloos voel omdat jy twyfel

lewe om jou doelwitte na te streef
wees jouself sodat jou geluk, vreugde, liefde jou tot stomheid slaan
vee die trane af en glimlag
wees net jouself, jou lewe kan onverwags pragtig wees

wees jouself
wees jou eie tuiste


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top