Huis, woning, tuiste: My vriend, my tuiste

  • 0

My vriend, my tuiste

Jy is die skuiling teen alle bewerings
Jy bedek my geheime
In my eensaamheid bied jy kalmte
Met totale opregtheid
Ja, dis vir my volmaakte egtheid

In tye van kommer en hartseer
Luister jy geduldig na wat my kompliseer
Al is daar geen nabye ontferming
Rus en stilte bied jy daagliks

Snags is jy ’n getroue wag
Rustig maak jy my deur die donker nag
Storms kom en woed
Maar binne jou voel ek volkome goed

Die wind prober jou vlerke ruk
Stadig laat jy haar neerbuk
Aan my het jy stil kom sê
Ewig vriend sal ek in jou ’n tuiste hê


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top