Huis, woning, tuiste: Venette Fouche se inskrywings

  • 0

My liefie
vir ons het jy ’n huisie
getimmertok

en ek het in die nessie
’n eiertjie probeer lê

maar ons ou huisie my lief
bly hardnekkig ’n leë hok

en ek weet dat ons
soveel meer as net ’n huisie wil hê

maar hoe ons ook probeer
om nes te skrop
en ander kuikens in ons huisie te lok

moet ons dalk net weet
iemand het ons gedrop

 

Die geel huis

Die vrou met die rooi oë
en die bitsige tong
bly in die geel huis

stoepe

vee die eindelose

stoepe

die vrou skreeu

die vorige dag hang
nog aan die bad se rand

die vrou gil
sy is kwaad

Wat gaan dit wees?
’n vuishou in die maag ...

maak die venster oop
hardloop al langs
die paadjie

tot diep in die bos

In die geel huis
bly die vrou
met haar donker hart

sy jaag die kinders weg ...

 

Huis Paleis

spaarkamer, babakamer

hang ’n gordyntjie hier
verf ’n bietjie kleur daar
kom ons kyk wat bring
hierdie jaar

Huis Paleis

teen die muur plak
ons ’n speelgoed-stad

op die bed luier vet-pienk skape
vakerig, dromerig op die tafel sit
’n geel-oog kat

Huis Paleis

babas het ’n prys ...

 

Mag ek binnekom?

Wil jy hê ek moet
my koffer in jou
huis uitpak?

of moet ek inkom
sonder my koffer

sê my


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top