Huis, woning, tuiste: Tuiste van ’n skoelapper-menswees

  • 0

Tuiste van ’n skoelapper-menswees

Vol ywer het sy deur die wand van die papie gebeur
soos waagmoed posvat
het sy haar vlerke gesprei
in haar lewe se fleur

Met die hemel in sy majestueuse grootsheid
Was die aarde ’n kaleidoskoop van heerlikheid
Vir haar skoenlappersiel vol beloftes van prag en praal
’n tuiste waar sy ’n lewe kon laat verhaal

Dikwels in die soeke na haarself
Kon sy die gevaar miskyk soos sy in die onbekende delf
Alleen en vreesloos te haastig die lewe betree
Toe die vangnet oor haar neersak soos die monster verskyn vanuit die skaduwee

Uitgestal in ’n tronk van glas
Sonder ruimte sonder lug
Vir sy vermaaklikheid het hy haar met sy nikswerd waansin belas
Vanuit sy greep was geen kans vir vlug

Tot trofee moes sy haar droom tot lewe verbeur
Vir ’n swakkeling se gekkeparadys soos hy haar as besitting ruïneer
Te stukkend om hom verder te plesier
Het hy sy idee van ’n glaspaleis hardhandig met sy vuis versier

Wanneer die glas in skerwe spat
Kon sy die adrenalien in haar lyf voel vloei
’n kans tot ontsnapping het sy spoedig aangevat
Ver gevlug voordat intense moegheid dit met haar begin bemoei

In ’n blomtuin van ’n engel-siel kon sy skuiling vind
Tussen die bloeisels ’n lafenis vir ’n dorstige hart
’n pad wat haar aan die engel bind

Hy was haar anker in die stormwater
’n ligbaken in haar nag van donker
Die tuin ’n veilige hawe uiteindelik tuis
So vind ’n skoenlapper-menswees huis


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top