Huis, woning, tuiste: tuiste

  • 0

tuiste

Na ’n eindelose lang pad,
soekend en soeke na méér,
via dolorosa en pelgrimstog,
om kleim te steek – my huis

ontbreek in koue omhelsings
en die arm gewillige aarde
tussen vreemde bene gewig,
die kapstok vir my pet.

Teen karavane woestynwind,
wat sandduine skuif, verset
endemies, diep dringende wortels,
verdoringde narrabos*

uit ’n mirage van ’n oase
kom jy nader, ’n beker water
in een hand my nek gestut
uit die ander jou lewe te drink

in jou blou doolhof vol geheime
berus ek, uiteindelik tuis.

*Acanthosicyos horridus – Narra, !nara, botterpitte


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top