My tuiste
Ek, ek val ...
Val ...
Val ...
Oo; dis net ’n droom man
ruk jouself reg, dis net ’n droom.
My drome is my tuiste.
Na klaas vakie sy besoek
by my gemaak het en die
slapies in my ogies kom
sprinkel.
Sodra my ogies toegaan
verdwyn my nagmerrie.
My lewe is soos ’n swart gat ...
Dis ’n eindelose nagmerrie.
Maar my drome is waar
al my behoeftes en begeertes bevredig
word ... Al is dit my geheime
bewonderaar. Kan hy nie
betowerend in my kamer
inloer nie?
Maar nee...
My lewe is ’n warboel,
’n nagmerrie ... Iets
onbeskryfliks!
My drome is my tuiste
waar ek kan sê: "So
dis waar eenhorings
heen
verdwyn het."
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.


