Tuiste
Kanker is my tuiste
Al bly ek in Parys
Al was Tzaneen lank vir my ’n tuiste
Het die lewe my hier in Parys geplaas.
Ataxia asook Kanker is my tuiste
Al wat ek ken is Kanker
Al is ek bang – dis nou my tuiste
En is ek dankbaar want ek het nog ’n tuiste
’n Donker tuiste
Seer – maar ’n tuiste.
Was oral in Suid-Afrika maar in Parys vind ek ’n tuiste
Mense aanvaar my en ek het ware vriende in Parys
Ysblokkie gesmelt is ek nou in water
Nes ’n vis uit die water voel ek nou.
Vetkoekden was eers my tuiste
Nou is ek tuis in Coffee and More, Parys
Ek sal nooit my tuiste verruil
Al is my tuiste en dae donker en alleen met Kanker
Is Parys my ware tuiste.
Ek lief die mense van Parys
Want hierna gaan ek sterker wees
My Tuiste in Parys is dus
’n stukkie hemel op aarde!
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.


