Huis, woning, tuiste: My tuiste

  • 1

My tuiste

Huis, Paleis, Pondok, Varkhok
Ja so ’n ou gesegde kan mos nie jok
Vir nr 1 is dit net ’n huis
Nr 2 sit als daarin en maak dit sy Paleis
Die derde is tevrede met ’n Pondok
En die vierde bly in ’n Varkhok

Nou kom ons by die Woning
Klink vir my daar bly ’n Koning
Moontlik is alles daar baie styf
Met ’n mollige vrou wat heeldag kyf

Dan wil ek sê welkom by my tuiste
Dis hier waar ek is op my blyste
Hier bly ek en my liefste vrou
En ook ’n  grys papegaai in ’n kou


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top