Huis, woning, tuiste: Tuis wees

  • 0

Tuis wees

Die heerlikheid van tuis wees
Die warmte van by die huis wees

Die weelde van die ou bekende beelde

Die gevoel van "Ek behoort" hier in my bekende poort

In my lapkombers se voue
Knus gewikkel in vertroue

Liefde in gewewe
Tussen mure en in gleuwe

In die vreemde is my wense
Tuis daar tussen my hartsmense

Smagtend, vol verlange
Na die ou bekende gange

Staar ek na die skoonheid
Van hierdie verre land
Brandend is my hart
Na meer bekende berge
En ’n huisie by die strand.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top