Huis, woning, tuiste: Tipiese tuiste

  • 2

Tipiese tuiste

Pa en Oupa doen leed
Ma herinner, Ouma vergeet
en van sout en water mag kinders niks weet

Kinders vra
Pa verwys na Ma
Ouma antwoord met ’n raaisel

Juffrou verduidelik
Juffrou vra
Kind antwoord, "maar so sê Pa."

Oupa en Ouma word as
Plek word geneem deur hulle wat net ouers was
Kinders word pa, Kinders word ma
Kinders, ’n nuwe besending, Juffrou kla

Pa en Oupa doen leed
Ma herinner, Ouma vergeet
Bure skinder omdat hulle als van sout en water weet


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 2

Kommentaar

  • Keaton Arendse, welgedaan! Jy het 'n besonderse skryftalent. Doen so voort.
    En 'n klop op die skouer van sy Afrikaanse onderwyseres wat sy potensiaal raaksien en hom vir die kompetisie ingeskryf het.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top