Huis, woning, tuiste: Tatoe-tuiste

  • 1

Tatoe-tuiste

My lyf is ’n huis
In swart ink
Met ’n naeltjie – die voordeur
Wat jou nader wink
So nié ... kuis
Dit stroop jou van alle dink
Jou oë maak die voordeur oop
Die portaal is in vlamme gehul
Wat gange lek
Na weivelde van rus
Ek wonder oor die brief
In die posbus


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top