Dankie my God ... my Koning
Vir my huis ... my tuiste ... my woning
Ek is so dankbaar om ’n dak oor my kop te kan hê
Waar ek saans my kop kan neerlê
Dankie Here ... vir die liefde en warmte in my huis
Dankie dat U ons beskerm en bewaar teen die wêreld se gedruis
Ek kan vandag net juig
En van U goedheid getuig
Want ek het altyd kos in my huis gehad
Want U genadehand het dit nooit verlaat
My huis
Gee ek vir niks op die aarde prys
My huis word omring met liefde en respek
Waar my kind my smiddae inwag by die hek
So baie beteken my huis vir my
Dis ’n plek waar ons mekaar se harte verbly
Dankie Here ... dat U my so seën
Met ’n skuilplek in die reën
En al is my aardse huis net tydelik vir my geleen
Is ek dankbaar ...
Vir my huis ... my tuiste ... woning
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.


