Huis, woning, tuiste: Stephnè van Wyk se inskrywings

  • 0

Die koudste hande

Ek is bly, want jy is
ewig en hier benede ons
Die wintersonnetjie brand flou
wolke effens grou
Met al my moed ... waag ek
om jou te nader

Jou vingers ... o, so koud
waarmee jy my bene vasklou
Sagte sand loop soos miere
oor my voete en tussen my tone
Met brandergelag lag jy ...
Uitbundig, soos ’n kind!

 

Duisternis

Dis is ’n bietjie donker
nou hier!
My hart voel o,
’n bietjie flou
Trane, vir somber gedagtes ...

Die aandlug 
so koel ... so vars
Herinner my nou
aan verlore woorde
Duisternis, jy kruip ....

Tyd sal genees,
as een verlang na gister
Alhoewel woorde diep sny 
deur die siel en vlees ...
Duisternis, jy maak dit bitter swaar!


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top