Huis, woning, tuiste: Sharon Coetzer se inskrywings

  • 3

Patryshuis

Bergpatrys, Bergpatrys
hoe-lyk, hoe-lyk jou huis?
Is dit daar op Cliftonstrand
witgepleister glansweerkaats hoog teen ’n hang
borrelbad marmervloer
kristal wat flikkers teen wit mure roer
Whiep-Whiep weifel klanke hier
enorme sale..........sintetiese plesier

O! Nee, my huis is waar die berge dwaal
Alles kom daar tot herroepbare verhaal
Aloe Ferox triomfeer
kwarts en mika vir oog en voet trakteer
dis waar vygies vensters open vir die son
vlinders fladder kleurspatsels teen ’n sfeerplafon
Protea en fynbos, endemies en befaam
’n Meester skep my herehuis, elke dag ...’n nuwe raam

 

Nie alleen

Hier binne in my woning is nie net ek alleen
goue strale sonlig val heen-en-weer-en-heen
rooi gegly sementvloer gryp vas aan elke muur
sag dans die strale ’n glinster purpervuur

tienduisend mikrodeeltjies sweef in ’n wals verby
vat forensies aan my vriende
een van hout, een van lap
en een van lei

êrens in vier hoeke fletter daar musiek
ritmies op die maat van melkgordynliriek
my trommelvlies tril vrolik en stuur ’n wonderseën:
“hier binne in jou woning, is nie net jy alleen”

 

Bouval

Die onvermydelike het gebeur
haar mure het geskeur
brute het haar vasgewoel
talgblare, spinnerakke dié krioel

dakplate op gedruk en saamgesmok
leegheid hang soos doringwrok
insnydings waar ’n deur eens was
voetspore van graphia het haar verras

pleister kraak en maak beswaar
fondament isobaar
vlese klam haar grense vas
rame skuifel, hoor! ... gebreekte glas

beur sy terug dan volg verslyk
kan die hartseer oral ruik
sessiel was nog nooit so sleg
waanbeeld dryf haar inwoners weg.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 3

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top