Huis, woning, tuiste: Secunda

  • 0

Secunda

die lewensaar van kosmosland
pomp ongeduldig vlam en stoom
afgeëts teen hoëveldrand
sluk industrie die eenvoudsdroom

newe grasland, dam en spriet
kristal geraam in winterkou
klop en stu wat geld kan bied
mensebrein die wêreld bou

die maan versink in winkend’ lig
geel en oranje blink die gloed
onophoudelik gretig, polsend, dig ...
nooi elkeen uit kom drink die bloed

en tog … elk’ sel van muur en boom
dring na Sy goedheid en Sy guns
in agterstraat en steeg gesoom
lokshin en bedelaar word kuns

verskiet dendriet van saad en vrug
die mensehart die oord
skoonheid groei, die liefdesbrug
worst’lend soekend in Sy Woord.

sekunda

Foto: Suzette Botha


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top