Huis, woning, tuiste: Riaan le Roux se inskrywings

  • 0

Deurklop

Geruime tyd
ontvang en versend
jy die reisende:

herhaalde weersiens
vir die heen wat uithoeke besoek,

vertak en saamgroei,
deurkruisend verloop.

Beweegkern herberg
genade-area:

voltrek in hoeverre
ons leefritme
deel.

 

Familiedrag

I

Al reeds in die geborge Tuin
– bome vóór verbreking –
is grense van behoud verdraai …

Ná die skeur in die landskap
- die groot uiteenbeur -
pluk die mens al meer sý vrug.

II

Swáár word die kroondra –
kryger weens doodslaan belas …
Hartsbely en word die Lig deelagtig.

Hangende genade: ’n verlore
rower wie se oë oopgaan, word
volmaak vrygespreek.

’n Nuwe dag: heel eerste ontvang
die geseënde vrou, wenend,
terugkeervreugde.

III

Die skuldlose Vors
wat ons rooi skild geword het,
rig Liefdedraers vir ’n Huis van Vrede.

 

Toe, proe

bak is ’n sleutel
Nasionale Melktertdag
’n reuse deur, oop


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top