Huis, woning, tuiste: Retha Fouchè se inskrywing

  • 0

My huisie was ’n krot
vier mure en ’n vloer
want ons twee was bankrot
en ons drome moes maar sloer

Met ons hande het ons gebou
en met hoop het ons geveg
op geloof het ons vertrou
en so kry ons dit toe reg

Met bloed en met sweet
het ons die geveg gewen
beplan en gemeet
sukses het ons leer ken

Twintig jaar later
staan ons huis nog sterk
’n gehuil en ’n geskater
beskerm deur ’n Engel se vlerk

Stories vasgevang tussen die mure
oomblikke van tyd in ’n raam
son en maan tussen die bure
is dit ons huis wat steeds bly staan


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top