reptiel
hierdie huis is nie
warm, droog, of sag
’n harde skulp van ver-
loop; eelte
modderkak op die welkommat
nie huis, liewe dop,
nié tuis
jy dra my rond
soos ’n ou vel
Lyf 32
welkom!
hier in my holtes
is blyplek te huur:
’n dubbelken met panorama-uitsigte en oggendson
oksels die dubbeldeurparkeerruimte
tepels nog in puik toestand (opskud, loft-eenhede!)
maagvoue beloof knussige slaapplek (geen lugversorging)
volg vandaar die paadjie na die ruie pubistuin (drieweeklikse tuindienste ingesluit)
die voorvel jou voorportaal (hang op jou jas, stof af jou hoed – ignoreer asb. die lek)
halfbultende bobeenopritte
eienaar slegs laataand tuis
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.


