My ou huisie
Tussen ’n klomp ander staan hy …
Klein, mooi trappies wat tot by die voordeur lei.
Daar met sy bruinwit kleur
Die trappe nog boonop met modderpootjies besmeer.
Met die pienk dak lyk hy al te fraai,
net ’n jammerte die “rooi” het hom verraai.
Blomme, bome van alle kleure begroet jou
ongelukkig kan ek nou nie hulle name onthou …
As jy loop, sal die houtvloer wat kraak
jou ook baie geïrriteerd maak.
Om nie eers te praat van die dak wat lek,
dit veral maak my moeg vir dié plek!
Maar tussen al die ou redes,
sommige mooies, ander wredes
bly ek lief vir my ou huisie
en ek dink hy wen ’n prysie!
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.


