Huis, woning, tuiste: Oseane

  • 0

Oseane

Daar is ’n plek
Wat oor my hart se blaaie strek
Dis die lang stapstrande
Ineengestrengelde hande

Dis die gedruis in my ore
Skuim oor my voete

’n Skip wik en weeg
Watter kant toe hy wil beweeg
Die swart stippel verdwyn
Anderkant die horisonlyn

Dis my hare in die wind
Wild soos ’n kind
Wat hardloop en lag
Ek haal asem en wag

Die ou ek is verby
Saam met die grys weggesny

Ek sien net blou voor my
Helder, duidelik
Dis beter
Ek is weer in die hede

Dankie Skepper
Vir oseane


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top