Huis, woning, tuiste: Onse Vader daar bo

  • 0

Onse Vader daar bo

Ek ontwaak soggens met onsekerheid in my hart
met vrese vir die toekoms wat my treiter en tart;
Ek soek kalmte by my tuiste, dus  sluit  ek my oë
En bid vir genade van onse Vader daar bo

God lei ons daagliks deur smart en pyn
bied bystand met probleme, hoe groot of klein;
God is nie sigbaar maar steeds moet ons glo
In die suiwer liefde van onse Vader daar bo

Die hartverskeurende nuus van die moord van ’n kind
maak dit moeilik om vreugde en kalmte op die aarde te vind
die wêreld is versuur met haat en oorloë
ek weet wel ons ware tuiste is by onse Vader daar bo

Die mensdom is so geskape, tot sonde is ons geneig
Dis die ongelowige mense wat die Christendom bedreig;
Hoor vreugde met jou ore, sien blydskap met jou oë
My ewige tuiste is by onse Vader daar bo


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top