Huis, woning, tuiste: Nostalgie

  • 0

Nostalgie

Is ek ’n vreemdeling in ’n vreemde land?
’n Nuweling, ’n immigrant
Of vreemdeling in eie land
Verstoot, verdryf van elke kant

Ek wroeg steeds daagliks met die vraag 
Waaroor baie my oor daag
Wat was en is kan jy behou ...
As jy op prinse kan vertrou

Ek kan nie langer wag
Ek dra te swaar aan hierdie vrag
Want als wat is dit was gewees
En niemand kan die toekoms lees.

Wie mis ek meer 
Die tyd sal leer
Die boesem van my ma
Dis wat ek mis van Afrika


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top